SSK & Prosperito kondig aan die nuwe Swellen Mall Ontwikkeling
SSK & Prosperito het vandag hulle planne bekend gemaak vir die nuwe R67 miljoen herontwikkeling van die SSK perseel in sentraal Swellendam.
Die nuwe ontwikkeling sal bestaan uit sowat 20 nuwe winkels en daar word tans gesprekke gevoer met Pick `n Pay en verskeie ander nasionale groepe.
Tydens die perskonferensie het Mnr Erenst Pelser, Hoof Uitvoerende Beampte van SSK, bekend gemaak dat die nuwe ontwikkeling saam met die nasionale spesialis Eiendomsgroep Prosperito gedoen gaan word.
Volgens Mnr Pelser is SSK baie trots daarop dat daar R2,4 miljoen bygedra word tot die Munisipale Infrastruktuur deur die skep van oor die 400 nuwe parkeerplekke in Swellendam.
Mnr Gerhardt Jooste, Besturende Direkteur van Prosperito, het verder aangekondig dat die Prosperito Foundation 50 plaaslike inwoners gaan oplei asook 2 beurse gaan beskikbaar maak vir twee studente van die dorp wat verder wil studeer in `n konstruksie verwante beroep.